Laai...

Laerskool Horison is baie trots op die atletiekprestasies wat ons jaarliks behaal. Ons atlete word geslyp deur gemotiveerde skool- sowel as buiteafrigters. Horison kan met trots spog dat verskeie leerders ons jaarliks verteenwoordig by die Gauteng Kampioenskappe en selfs by die SA-Kampioenskappe.


Oefentye

  • o/6 en o/7: Maandae, Dinsdae en Donderdae
    13:10 - 14:00
    o/8: Maandae, Dinsdae en Donderdae
    13:00 – 14:00
    o/9: Maandae, Dinsdae en Donderdae 
    13:40 – 15:00
    o/10 tot o/11: Maandae, Dinsdae en Donderdae:14:10 – 15:30
    o/12 tot o/13: Maandae, Dinsdae en Donderdae – 14:10 – 15:30

Algemeen

  • Ongeveer 120 atlete word in die Skoolspan opgeneem.
  • Prestasies sluit in: Vele atlete word jaarliks in die Roodepoort- en D12-span opgeneem, om aan die Gauteng kampioenskappe deel te neem.
  • Ons atlete kwalifiseer op ʼn gereelde basis om aan die Nasionale SA-kampioenskappe deel te neem.

Hoewel die fokus aan die begin van die jaar massa deelname is by die huis sport, moet atlete hulle vroegtydig bewys. Ons begin jaarliks in die 4de kwartaal met oefeninge ter voorbereiding van die volgende jaar. Atlete begin reeds van o/6 af deelneem aan die byeenkomste.