Laai...

Laerskool Horison bied ons dogters geleentheid om aan hokkie deel te neem vanaf `n baie vroeƫ ouderdom om sodoende vaardighede te ontwikkel en `n liefde vir die sport te kweek. Hokkie word aangebied vanaf graad R - graad 7, waarvan daar 12 mini-hokkiespanne (o/6-o/9), en 7 spanne (o/10 - o/13) is.


Oefentye

  • o/12 en o/13:
    Maandae, Dinsdae en Donderdae
    Tyd: 14:30-16:00
  • o/10 en o/11:
    Maandae, Dinsdae en Donderdae
    Tyd: 14:10-15:30
  • o/9:
    Dinsdae en Donderdae
    Tyd: 13:40 - 14:40
  • o/7 en o/8:
    Dinsdae en Donderdae
    Tyd: 13:10 - 14:10
  • o/6:
    Dinsdae en Donderdae
    Tyd: 11:00 - 12:00

Hokkie

  • Senior spanne word ingeskryf in `n liga waar hulle teen ander spanne meeding.
    Jaarlikes hokkieklinieke word aangebied om spelers verder te ontwikkel.
    Laerskool Horison kan spog met verskeie leerders wat ons jaarliks verteenwoordig in die streekspanne en sommige van hulle is ook in provinsiale spanne opgeneem.
    Ons spanne presteer ook goed en is liga- en streekswenners.

    mini-Hokkie

    Die mini-hokkie fokus meestal op vaardigheid, pret en massa deelname. Ons mini-hokkie spanne neem deel aan mini-hokkietoernooie asook vriendskaplike wedstryde.