Laai...


Hartlik welkom

Boodskap van die hoof

2021

Wees doelgerig

‘n Woord van hartlike welkom aan elke ouer en kind by Laerskool Horison. ‘n Spesiale welkom aan alle nuwe ouers. Dit is ons wens dat Laerskool Horison voortdurend aan u (asook aan die gevestigde ouers) se hoogste verwagtinge sal voldoen en dat u ook met genoegdoening sal deel in ons skool se aktiwiteite.

As ek terugkyk op 2020 was dit ‘n jaar met baie ontwrigting, maar ook ‘n jaar wat ons Horie-familie saamgestaan het en hande gevat het om die beste van ons omstandighede te maak.

wees doelgerig

COVID-19 het veroorsaak dat die skool vir lang tye toe was en toe ons mag oopmaak, net op 50% kapasiteit mag funksioneer. Dit het groot uitdagings gebied op akademiese gebied, maar weereens het ons die bul by die horings gepak om die beste van ons omstandighede te maak.

Dit was ook baie hartseer dat leerders nie mag deelneem aan sport- en kultuuraktiwiteite nie, maar ons leerders het dit aanvaar ter wille van almal se veiligheid.





Ons is ook baie jammer die graad 7’s het nie die jaar gehad wat hulle graag sou wou gehad het nie, maar ons weet hulle het ander vaardighede aangeleer wat hulle vir baie lank nog kan gebruik.

Ons is baie dankbaar en geseënd om te sê ons is een van die min skole wat nie een keer moes toemaak nie. Dit skryf ons toe aan goeie protokolle en samewerking tussen die beheerliggaam, onderwysers, ouers en leerders.

Ons sien werklik uit na ‘n COVID vrye jaar en wens almal ‘n baie geseënde en voorspoedige jaar toe vol van geluk en voorspoed.

SIT JOU GLIMLAG LANGS MYNE!

GF VAN DER WALT

Hoof

VISIE: Om te streef na uitnemendheid in onderrig en opvoeding as ʼn waardegedrewe Afrikaanse Laerskool.
  • Verskaffing van voortreflike, relevante, bekostigbare opvoeding en onderwys in Afrikaans as voertaal.
  • Die handhawing van die hoogste moontlik onderwysstandaarde op ʼn gedifferensieërde basis deur ʼn hoogs bekwame, opgeleide onderwyskorps.
  • Die handhawing van ʼn gesonde balans tussen akademiese-, sport-, kulturele- en geestelike ontwikkeling.
  • Die handhawing van ʼn goeie en samewerkende verhouding tussen onderwysers, ouers en leerders wat bydra tot positiewe betrokkenheid.

hoekom laerskool horison

kies die beste laerskool vir jou kind

Waardes

Ten einde lewenskwaliteite by ons leerders vas te lê, volg ons ʼn waardestelsel.

Dissipline

ʼn Dissiplinêre opvoedingbeleid wat waardigheid, eerlikheid en respek inkweek.

Holistiese Ontwikkeling

Om leerders in hulle totaliteit te ontwikkel.

Afrikaanse kultuur

Die verskaffing van voortreflike, relevante opvoeding en onderwys in Afrikaans vanuit die volkseie kultuur milieu.

Bekwame onderwysers

Die handhawing van die hoogste moontlik onderwysstandaarde op ʼn gedifferensieerde basis deur ʼn hoogs bekwame opgeleide onderwyskorps.

Betrokkenhied

Die handhawing van ʼn goeie, samewerkende verhouding tussen onderwysers, ouers en leerders wat bydra tot positiewe betrokkenheid

het jy geweet

so paar koel feite oor ons skool
740
Leerlinge
1200000
Akademie Ure
Ontelbaar
Ontelbare Glimlaggies
Is u gereed om by HORIES aan te sluit?
registrasie Blad

wat se ONS ouers

Kontak besonderhede

kontak ons gerus
Vind ons op Google Kaarte
Google Maps by Embedgooglemap.net
Skool Adres
Hoek Van Weaverstraat en Moutonstraat
Horison, Roodepoort
Johannesburg 1724
Gauteng
-26.141650, 27.881039
Kontak Informasie
Kantoor: 011 763-5617 / 18
Faks: 086 665 9529
hoof@horison.co.za
bl@horison.co.za
Kantoor ure: 07:30 – 14:30