Laai...

Die Juniorkoor van Laerskool Horison is die Hartewenkoor van die skool. Talentvolle leerders vanaf Gr.1 tot en met Gr.4 het die voorreg om lede van die koor te wees.


Oefentye

    Tydperk: Januarie tot November
    Oefentye: Woensdae, 15:30-16:30
    Plek: Skoolsaal

Algemeen

  • 40 Lede
  • Optredes by ouetehuise, kerkdienste, koorfeeste, kustefeeste en kunswedstryde.
  • Deelname aan die Roodepoortse Kunswedstryd, koorfeeste en kerkdienste.
  • Gereelde wenners by Kunswedstryde.
  • Optredes saam met verskeie bekende sangers.
  • Die Juniorkoor het al saam met bekende kunstenaars opgetree o.a. Jac de Priester, Pieter Smith, Andriette Norman, Arno Jordaan, Willem Botha, Izak Davel en Dewald Wasserval.
  • Die Juniorkoor het gereelde optredes by eredienste van verskillende gemeentes in die skool se omgewing en neem ook deel aan Kersprogramme, Revue en ander feesvieringe.
  • Ons benut geleenthede om by ouetehuise op te tree en koorlede gebruik hul talente om ook daar vreugde by bejaardes te bring.
    Die huidige leidster is Mev. Antoinette Kotze en Me Elma Nieuwenhuizen tree op as begeleidster.