Laai...

Ons neem in die Julievakansie met ons o/11- en 1ste spanne deel aan die Superreeks wat by Jubaweni plaasvind. Dit dien as uitstekende voorbereiding vir die liga wat in die derde kwartaal plaasvind. Laerskool Horison speel in die Superliga krieket. Ons speel hardebalkrieket van o/8 vlak. o/6 en o/7 leerders neem deel aan minikrieket.


Oefentye

  • Maandae, Dinsdae en Donderdae: 14:15-15:30

Krieket

  • Die eerste span neem ook deel aan ‘n aandreeks. Daar is verlede jaar ook ‘n aandreeks vir o/8 spelers deur ons skool aangebied.
    Daar is krieketklinieke reg deur die jaar waar talentvolle spelers die geleentheid kry om verder te ontwikkel.
    Kleredrag:
    o/8 – 1ste span: Wit langbroek met spesiale wit kriekethemp, wit moulose oortrektrui en skool krieketpet.
    Mini-krieket - Wit kortbroek, skoolkouse, drafskoene en oranjeskool sporthemp.

    Mini-krieket

    Mini-krieket is die eerste voorsmaak van krieket vir al die aspirante jong seuns. Die 0/6 en 0/7 seuns geniet die spel en leer om as ‘n span saam te werk. Hulle leer die basiese van krieket soos boul-, kolf- en veldwerk.  Wedstryde: Vier Woensdae (weg) en Een Saterdag (KFC-Toernooi)
    Oefen op die B-rugbyveld