Laai...

Laerskool Horison beskik oor 'n pragtige mediasentrum. Daar is Junior-, Senior-, Naslaan- en Onderwys naslaan afdelings beskikbaar. Die mediasentrum beskik oor ongeveer 6000 boeke asook 'n groot verskeidenheid prente, skyfiereekse, video’s en DVD's. Twee TV-stelle met DVD- en videospelers is beskikbaar om die materiaal te vertoon.


Leessentrum

  • Die leessentrum is ‘n rekenaargebaseerde lees hulpmiddel wat aangebied word teen ʼn geringe fooi.
    Academix leesprogram word aangebied in Afrikaans en Engels vir Graad 1-7leerders. 
    Klasse vind plaas Maandae – Donderdae van 14:15 – 15:00.
    Leessentrum klasse word behartig en aangebied deur Me. Emse Koffeman.

    Die program bevorder lees en begrip vir leerders wat leesvaardig is en veral vir leerders wat lees nog onder die knie moet kry. Die fooie is streng maandeliks vooruitbetaalbaar.

Navrae: U kan die skool kontak en vir Me. Koffeman ‘n boodskap los om u terug te skakel by
(011) 763-5617/8.

Inligting

  • Graad 1 tot Graad 3 leerders besoek die mediasentrum in klasverband een keer elke tweede week, waartydens die leerders geleentheid kry om boeke uit te neem.

    Graad 4 tot Graad 7 leerders word die geleentheid gebied om op Dinsdae, Woensdae en Donderdae tydens eerste pouse boeke uit te neem. Daar sal medialeiers wees wat leerders kan help om boeke uit te neem.

    Ons mediasentrum is ʼn fantastiese manier om lees te bevorder en bied die geleentheid om van ander hulpbronne gebruik te maak tydens leer.

    Die skool is bevoorreg om ook oor 'n DSTV-stelsel te beskik en leerders asook personeel het toegang tot sekere DSTV-kanale. 'n Digitale projektor (groot skerm) word ook aangewend met spesiale gebeure.