Laai...

Die afrigterskorps van Laerskool Horison glo dat rugby 'n sportsoort is wat positiewe energie by leerders ontwikkel en terselfdertyd hulle emosioneel en fisies sterk maak. Rugby is ʼn sport waar seuns van respek, spanwerk, karakter bou, konsentrasie, kompetisie en genot kan leer. Ons streef daarna om die seuns maksimaal betrokke te kry en geleentheid te bied om met die bal te speel en om sy individuele vaardighede te ontwikkel.


Oefentye

  • Eerstespan

    14:00 – 15:30

    A-veld

    Tweedespan

    14:00 – 15:30

    A-veld

    O/11-span

    14:00 – 15:30

    B-veld

    O/10-span

    14:00 – 15:30

    B-veld

    O/9-span

    13:30 – 15:00

    A-veld

    O/8-span

    13:00 – 14:00

    B-veld

    O/7-span

    17:00 – 18:00

    A-veld

    O/6-span

    17:00 – 18:00

    A-veld

     

Rugby

  • Jaarlikse verteenwoordiging in die streekspanne.
  • Juniorspanne neem deel aan oefenkampe en toernooie, terwyl Seniorspanne gereelde toere onderneem.
  • Spanne is op ʼn gereelde basis liga wenners of naaswenners.

Wedstryde:

  • Rugbywedstryde vind in die week plaas op Dinsdae of Donderdae afhangende van die betrokke skole se kalender. Die Superreeks-finale vind wel plaas op ʼn Saterdag.
  • Tau Rugby

    Ons bied TAU-Rugby aan vir o/6 en o/7 leerders. Die fokus hier is om ‘n liefde vir die spel te ontwikkel en gaan oor massa deelname. Wedstryde word hoofsaaklik op Saterdae gespeel. Seuns trek ‘n swart rugbybroek aan met die skool se rugbytrui. Ons registreer ten minste twee tot drie spanne per TAU-Rugby ouderom. Die o/6 en o/7 TAU spanne speel ongeveer 8 wedstryde per seisoen.