Laai...

Die koor is in 1972 gestig. Die koor was die eerste skoolkoor wat 'n oorkonde ontvang het van die Burgemeester van Roodepoort en ook die eerste laerskoolkoor wat in Die Staatsteater in Pretoria opgetree het.


Oefentye

  • Tydperk: Januarie tot Oktober
    Oefentye: Woensdae, 15:30-16:30
    Plek: Skoolsaal

Algemeen

  • 55 Lede
  • Optredes by kunstefeeste, kerkdienste, koorfeeste, kunswedstryde, o.a. Roodepoortse Afrikaanse Kunswedstryd (RAK).
  • UNISA koorfees, SASCE koorkompetisie, UJ se Laerskoolfees, e.a.
  • Optredes saam met verskeie bekende sangers o.a. Izak Davel, Rina Hugo, Jac de Priester, Pieter Koen en Joe Foster.
  • Koor kampe.
  • Die koor bestaan uit Graad 5-7 leerders ongeveer 50-60 lede en die repertorium bestaan uit een-, twee- en driestemmige koormusiek.
    Die koor beywer hom om 'n hoĆ« koorstandaard te handhaaf, maar ook 'n genotvolle atmosfeer daar te stel.
    Die koor het reeds baie prestasies behaal.

    • Die koor tree gereeld op by kerkdienste, spesiale geleenthede, ouetehuise en neem aan kompetisies deel.
    • Jaarliks tree die koor saam met soliste op soos Jak de Priester, Isak Davel, Dewald Wasserval en vele meer tydens Foyer Produksies se koorfees in Krugersdorp.

      Die huidige koorleidster is Me Rika Coetsee en Me Elma Nieuwenhuizen tree op as begeleidster.