Loading...
Laai...

Somer

In die somer dra ons dogters:

  • Geruite rokkies.
  • Rek nylon broekies (Cygnot roesbruin of oranje).
  • Kort skoolbruin sokkies.
  • Donkerbruin skoolskoene.
  • Wit haarversierings of “scrunchies” van geruite skooldragmateriaal.
  • Kleurbaadjies: Eerste en vierde kwartaal slegs as dit nodig is.
  • Skoene is verpligend met baadjies.
  • Die “Drimac” word slegs in reëndae gedra en nie as gewone skooldrag nie.

In die somer dra ons seuns:

  • Gewone wit oopslaanhalshemde met kort moue.
  • Kort, vaalbruin broeke (by leweransiers beskikbaar).
  • Skoolkouse en donkerbruin skoolskoene indien baadjies gedra word.
  • Donkerbruin skoolskoene.
  • Kleurbaadjies (opsioneel vir somerdrag).

Winter

In die winter dra ons dogters:

  • Kleurbaadjies (dieselfde as somerdrag).
  • Tetrex langbroeke, (gewone dagdrag wit langmou hemde, kleurbaadjies óf Tetrex rokkie soos in die somer.
  • Skooldas by langbroek en hemp.
  • Rek nylon broekies (dieselfde as by somerdrag).
  • Skool kniekouse of kameelbruin broekiekouse of skooldogter Opaques by skoolrokkie.
  • V-hals skooltruie.
  • Donkerbruin skoolskoene.

In die winter dra ons seuns:

  • Kleurbaadjies.
  • Gewone langmou wit hemp met das.
  • Kort- of lang- vaalbruin riffelkoord broeke.
  • Effe roesbruin truie met V-hals by skoolhemde.
  • Moulose truie onder skoolbaadjie.
  • Donkerbruin skoolskoene.
  • Windbreker.

MBK

Menslike bewegingskunde – seuns & dogters

Vir Menslike Bewegings Kunde(MBK) trek hulle `n swart Horison seilbroek en `n Horison golfhemp aan. Hulle mag die dag daarmee skool toe kom.

LW: Sportsweetpakke word nie as skooldrag gedra nie, slegs in die winter tydens MBK.

Denimdrag

Vrydagdrag – Dogters en Seuns:

Oranje skool T-hemp en denim met netjies sport tekkies/tommies en kouse. Geen geskeurde denimdrag mag gedra word nie. Gr 4-7 dra knie of lang denims. Gr 1-3 mag ʼn denim kortbroekie dra.

Geleentheidsdrag – Dogters en Seuns:

  • Tydens nasionale loslitdag en ander geleenthede mag kinders aantrek ooreenkomstig die skool se spesifieke omsendbrief vir daardie geleentheid.

Leweransiers:

  • Antoinette’s Uitrusters H/v Horn- en Genl. Pienaarstraat, Witpoortjie -Tel. 011-955-2285.
  • Viva Sport – H/v The Highway en Olivierstraat 10, Florida – Tel.011-672-7562.
  • Friendly House, Van Wykstraat 13, Roodepoort – Tel.011-763-2566.
  • Aanlyn: Digital Storm lezel@digitalstorm.co.za (011- 477-8281).

Klerebank:

  • Die skool het ʼn klerebank waar goeie tweedehandse klere teen ʼn baie billike tarief gekoop of geruil kan word. Ouers is welkom om klere te skenk, wat in ʼn goeie toestand is. Die klerebank word deur die skool se ouers beman. Hierdie ouers lewer ʼn onbaatsugtige diens aan die skool.
  • Tye: Dinsdagoggend: 07:45 – 08:00  || Woensdagmiddag: 13:45 – 14:30