Laai...

Ons spog met ‘n splinternuwe snoepie. Dit word bestuur deur Caffe Molinare en is bekend vir hul heerlike en gesonde kos. Pryse is ook baie billik.


HOE WERK DIE SNOEPIE

Die Smart Swipe kaartsisteem word gebruik en ‘n volledige verduideliking is beskikbaar op D6. Ons moedig ouers aan om van die kaartsisteem gebruik te maak aangesien ons die kontantgebruik wil beperk.

Die snoepie is daagliks oop van 07H00 tot 16H00. Met sportgeleenthede en buitemuurse aktiwiteite word aanpassings gemaak met die tye en sal later oopbly indien nodig.