Laai...

Buitemuurse aktiwiteite word gesien as ʼn verlengstuk van die onderrigtaak omdat dit ook deel vorm van die opvoeding van ons leerders in totaliteit. Ons poog om soveel as moontlik leerders te betrek by ons wye verskeidenheid sportsoorte wat aangebied word vir grootskaalse deelname en betrokkenheid, en glo dat “’n gesonde liggaam huisves ʼn gesonde gees”.


inligting

  • Op reëndae geld die volgende reëling:
    Ons poog om ʼn besluit nie later as om 12:30 (Gr. R – 3) en 13:30 (Gr. 4 – 7) te neem of die sportoefeninge voortgaan al dan nie. Ouers word deur middel van die D6 in kennis gestel van hierdie besluit. Wagklasse word gereël.

    Let wel:
    Indien die oefening voortgaan en dit begin reën, is die afrigter verantwoordelik vir die spelers tot en met die einde van die oefening. Spelers word na die saal, klaskamers of afdakke geneem waar afrigters kondisionering / bordsessies het totdat oefentyd verstreke is.

Algemeen

  • Laerskool Horison beskik oor die volgende sportfasiliteite:
    • Rugbyvelde x 2 met spreiligte
    • Netbal- en tennisbane x 3 met spreiligte
    • Krieketveld met spreiligte
    • Krieketnette

    Deelname:
    Hories neem deel aan onder andere vriendskaplike derby`s aan die begin van elke sportseisoen, die plaaslike Superreeks met skole vanuit die Wesrand en Oosrand asook die betrokke ligas soos voorgeskryf deur die verskeie sportliggame.

    Ons is trots op die volgende toernooie wat deur Hories aangebied word:

    • Mini-netbal en Tau-rugby sportdag in die eerste kwartaal.
    • Skaaktoernooi.
    • Mini-hokkie sportdag en Sentraal-Wes O/11-Krieketaandreeks in die derde kwartaal.
    • Hories O/8-Krieketaandreeks in die vierde kwartaal.

     

    Sportsoorte:

    • Atletiek
    • Rugby
    • TAU-rugby
    • Netbal
    • Mini-netbal
    • Krieket
    • Mini-krieket
    • Hokkie
    • Mini-hokkie
    • Tennis
    • Skaak
    • Landloop