- LAERSKOOL HORISON -
LANDLOOP
Laerskool Horison het ‘n aktiewe landloop program. Die atlete begin jaarliks na afloop van die rugby- en netbalseisoen oefen vir die landloopseisoen wat tydens die derde kwartaal plaasvind. Daar is geen beperking op die aantal atlete wat aan die byeenkomste mag deelneem nie en enige leerling wat belangstel is welkom om saam te kom oefen. Ons het jaarliks ‘n groep wat fluks kom saam oefen en aan die byeenkomste deelneem.
Die ouderdomsgroepe en afstande is soos volg:
- Seuns en Dogters | o/9 en o/10 - 2km
- Seuns en Dogters | 0/11 en o/12 - 3km
- Dogters | 0/13 - 3km
- Seuns | 0/13 - 4km
Ons hou jaarliks ‘n massa-deelname pretdraf in Julie om die landloopseisoen mee of te skop. Die landloopseisoen begin in Augustus. Daar word jaarliks twee liga-byeenkomste asook die Roodepoort-kampioenskappe aangebied. Atlete wat in die top ses in hul onderskeie ouderdomsgroepe algeheel in hierdie drie byeenkomste eindig, word dan in die Roodepoort-span opgeneem. Die Roodepoort-span neem dan aan die D12-kampioenskappe deel. Indien ‘n atleet tydens die D12-kampioenskappe ook onder die top ses eindig kwalifiseer hy/sy dan om aan die Gauteng-kampioenskappe deel te neem.
Ons langasems neem ook jaarliks aan die Super-Reeks landloopbyeenkoms deel. Hier kry hulle die geleentheid om voor die seisoen begin, hul kragte teen verskeie ander skole te meet. Ons is trots om te kan sê dat Horison se landloopatlete jaarliks baie goeie uitslae by die Super-Reeks behaal. Verder word leerders ook aangemoedig om aan pretdrawwe wat in die omgewing aangebied word, deel te neem.
Wedrenne moet nooit ‘n beproewing wees nie, eerder ‘n genotvolle en lewensversterkende ervaring.
Bruce Fordyce - Marathon Atleet

OEFENDAE EN TYE
MAANDAG | DINSDAG | DONDERDAG
OEFENDAE EN TYE
MAANDAG | DINSDAG | DONDERDAG
OEFENDAE EN TYE
MAANDAG | DINSDAG | DONDERDAG
Alle Ouderdomsgroepe
15:00 – 16:00 Maandag
Alle Ouderdomsgroepe
15:00 – 16:00 Dinsdag
Alle Ouderdomsgroepe
15:00 – 16:00 Donderdag
Aanwysings
Hoek Van Weaver- en Moutonstraat | Horison | Roodepoort |
Johannesburg | Gauteng | 1724
Kontak Ons
Telefoon 1: 011 763 5617
Telefoon 2: 011 763 5618
E-Pos: hoof@horison.co.za
Volg Ons
Stuur Boodskap
Aanwysings
Hoek Van Weaver- en Moutonstraat | Horison | Roodepoort | Johannesburg | Gauteng | 1724