- Laerskool Horison -
is die beste skool want...
Dit is vir ons belangrik om ons leerders te help om holisties te ontwikkel en om 'n gesonde balans te handhaaf tussen Akademiese-, Sport-, Kulturele en Geestelike ontwikkeling.
Ons bied aan ons leerders ‘n voortreflike, relevante, bekostigbare opvoeding en onderwys in Afrikaans as voertaal, en handhaaf die hoogste bereikbare onderwysstandaarde op 'n gedifferensiëerde basis deur 'n hoogs bekwame, opgeleide onderwyskorps.
Hier by Laerskool Horison is verhoudings belangrik en daarom handhaaf ons 'n goeie en samewerkende verhouding tussen onderwysers, ouers en leerders wat bydra tot positiewe betrokkenheid.

- Laerskool Horison -
is die beste skool want...
Dit is vir ons belangrik om ons leerders te help om in hulle totaliteit te ontwikkel en om 'n gesonde balans te handhaaf tussen Akademiese-, Sport-, Kulturele en Geestelike Ontwikkeling.
Ons verskaf ons leerders voortreflike, relevante, bekostigbare opvoeding en onderwys in Afrikaans as voertaal, en handhaaf die hoogste moontlik onderwysstandaarde op 'n gedifferensieërde basis deur 'n hoogs bekwame, opgeleide onderwyskorps.

- PROMOSIEVIDEO -
KYK GERUS WAT HIER BY ONS GEBEUR
- by laerskool horison leer ons van -
WAARDES
BETROUBAARHEID
Ek is betroubaar in my werk, in wat ek sê en in my optrede. Ek doen altyd die regte ding.
EERLIKHEID
My woord is my eer daarom is ek eerlik in my skoolwerk en tree eerlik op teenoor my ouers, onderwysers en maats.
REGVERDIGHEID
Ek en alle mense het die reg om gelyk en regverdig behandel te word daarom behandel ek my ouers, onderwysers, maats en ander mense regverdig. Ons vier Menseregtedag en Vryheidsdag om die gelykheid asook vryheid van alle burgers te erken.
RESPEK
Ek het respek vir myself, my ouers en my maats en toon respek teenoor mense wat ouer as ek is. Ek respekteer my omgewing, skool en ander se besittings.
OMGEE
Ek gee om vir my naaste, dit sluit my ouers, onderwysers en maats in. Ek streef na ‘n hart wat omgee en ek help altyd waar ek kan. Ek gee om vir ander al is ons verskillend.
TROTS
Ek is trots op wie ek is en hoe ek lyk. Ek doen my skoolwerk met trots. MY SKOOL IS MY TROTS.
VERANTWOORDELIKHEID
Ek pas my tas, klere en alle besittings mooi op en probeer my klas, omgewing en skoolterrein altyd netjies hou. Ek neem volle verantwoordelikheid vir my optrede, dade en woorde en aanvaar verantwoordelikheid vir my skoolwerk asook opdragte by die skool en by my huis.

VERANTWOORDELIK-
HEID

- gekwalifiseerde bestuur -
ONTMOET DIE SPAN

Mnr. van der Walt
Hoof

Mnr. Coetzee
Adjunkhoof
- gekwalifiseerde bestuur -
ONTMOET DIE SPAN

- GESONDE BALANS -
HOEKOM IS DIT BELANGRIK
- GESONDE BALANS -
HOEKOM IS DIT BELANGRIK
- GESONDE BALANS -
HOEKOM IS DIT BELANGRIK
Dit leer ons kinders hoe om saam te werk, te sosialiseer, tyd te bestuur, spanning te verminder en ‘n gesonde leefstyl te handhaaf en selfvertroue op te bou. Daarom handhaaf en is ons ‘n sterk voorstaander van gesonde balans tussen Akademie, Sport en Kultuur om sodoende leerders te laat ontwikkel in hulle totaliteit.

- skool fasiliteite -
kom verken gerus ons skool
LAERSKOOL HORISON is op een van die hoogste punte aan die Witwatersrand geleë, so ryk die opvoeders en die leerders altyd na die hoogste pieke, hetsy op akademiese, sport of kulturele gebied. Ons leuse is nie verniet “Wees doelgerig” nie.
- 2 x Verligte Rugbyvelde
- 3 x Verligte Netbal | Tennisbane
- Robotikasentrum
- Speelparkie

- horie, ons wil iets sê -
prestasies en brokkies nuus
Laerskool Horison bied ruim geleentheid vir elke kind om sy/haar volle potensiaal te bereik en die toekennings berus op die erkenning van die prestasies gelewer, gemeet aan norme wat deur die beheerliggaam saamgestel word. Die opvoedkundige waarde van prestasies op alle gebiede word nie onderskat nie en word derhalwe ingesluit by die erkenningsnorme. Hierdie toekennings word jaarliks hersien, ten einde te verseker dat die toekennings tred sal hou met die veranderende onderwysmillieu.

WAT IS IN DIE KRAT
06 Mei 2022
Die tweede kwartaal is mooi op dreef en ons deel graag met julle die “Wat is in die krat” leidraad. Verlede kwartaal se wenner het meer as ‘n R1000 se pryse gewen. Inskrywings is gratis. Ons sien uit na die kinders se raaiskote.
EK IS ROND MAAR EK IS NIE BONT.
‘N DRUKKIE HET EK NODIG MAAR NIE OORBODIG.
GRAAG HELP EK JOU
LANK KAN EK MY ASEM HOU
EK MAAK BESLIS NIE ‘N LEKKER DIS.
KAN JY RAAI WAT EK IS?
DIE STORIE AGTER DIE STORIE
25 April 2022
Ons skop af met ‘n nuwe video reeks – “Die storie agter die storie”. In die reeks van videos vertel ons die narratief van die plasings wat julle op ons FB blad sien. Dis vir jou die kyker meer inligting, data en selfs wysheid. Geniet dit!
KASKARDAG
16 April 2022
Ons stem saam “dit is hartroerend lekker om ons kinders weer te kan sien lag en speel soos dit moet” ❤️ Hier is ons Kaskardag “replay”! 🏁🚗🚕🚙

Aanwysings
Hoek Van Weaver- en Moutonstraat | Horison | Roodepoort |
Johannesburg | Gauteng | 1724
Kontak Ons
Telefoon 1: 011 763 5617
Telefoon 2: 011 763 5618
E-Pos: hoof@horison.co.za
Volg Ons
Stuur Boodskap
Aanwysings
Hoek Van Weaver- en Moutonstraat | Horison | Roodepoort | Johannesburg | Gauteng | 1724